Sout en Water
Ek het die boodskap gehoor van sout en water en daaroor gedink nie dit gedoen nie. Dit was paasnaweek dink ek.
2 weke terug stuur n vriendin n foto uit n Kinderbyblel gestuur wat sy vir haar seun lees oor Elisa en sout en water. In dieselfde week vertel my sussie my van die 7 dae profesië. Ek het toe sout gevat en gaan ingooi in die rivier.
Dinsdag bel my ander sussie my ek vertel haar van die sout en water. Na ek met haar gepraat het, het ek Bybelstudie gedoen en in my Bybelstudie was dit in 1 Konings 2. Ek neem n foto en stuur dit vir my sussie. Sy bly baie ver van my af en gaan koop gas en hulle het haar te veel gevra. Sy sê toe dis okay sy gaan gou koffie koop terwyl hy uitvind hoe om die transaksie reg te maak. Sy stap buite en tel blare op en n oom stop langs haar en gesels oor die blare. Hy vra haar uit die bloute. Wat se water drink sy? Sy verduidelik vir hom en sy sê, “dis baie vreemd ek en my sussie het vanoggend oor die water gepraat en sy het dit ook per toeval in haar Bybel gelees vandag” en sy wys hom die foto wat ek gestuur het. Hy verkoop living water en daai einste stuk in die Bybel is groot op sy winkel se venster geplak. Ek dink God wil vir my iets sê oor die water. Nie ek of my man verdien inkomste nie. Maar ek weet dat Hy n boodskap vir my het. Baie dankie.
Liefde Tamara